SJB & SSK HOU HANDWAPENSKIET

Mar 27, 2024 | Articles

Suid-Kaap Jagters- en bewaringsvereniging het die afgelope Saterdag ‘n suksesvolle handwapenskiet
aangebied by die Wouter de Vos skietbaan te Kleinbrakrivier.
Daar was vier verskillende bane opgestel wat die 66 deelnemers se skietvernuf, akkuraatheid en
snelvuurvaardigheid getoets het. By elke baan was daar ‘n verrassings-element ingebou wat onder
meer ingesluit het: staalplate, ‘n swaai teiken, ‘n “hopper” en ‘n toevou-teiken.
Van die uitdagings was om die bewegende teiken te skiet voordat dit tot s􀆟llstand gekom het en om
die baan in die kortste moontlike tyd te voltooi.
‘n Verdere verrassing vir die skuts was die aanloklike pryse wat geborg was deur SSK. Die uitdagings
wat só ‘n skietdag bied, met die moontlikheid van ‘n prys in die agterkop, dien as mo􀆟vering vir skuts
om lang afstande te reis om te kan deelneem. Dit is nie moontlik sonder die gewaardeerde
ondersteuning nie.
Die wenners van die dag was as volg : André Calitz (goud), Dane􀆩e Stoop (silwer) en AJ Calitz (brons)
– dié jong skut (18 jaar oud) is voorwaar ‘n inspirasie vir oud en jonk!
As voorloper vir Moedersdag was daar ook toekennings aan die top vroue-deelnemers gemaak – die
wenner was Dane􀆩e Stoop, met Rene􀆩e du Plessis tweede en Elmarie Grobler derde.
Na afloop van die skietkompe􀆟sie het die deelnemers gesellig saam gekuier by die klubhuis. SJB se
voorsi􀆩er (Wynand Fourie) en bestuurslid Riaan van der Westhuizen het gesorg vir ‘n heerlike
potjiekos-ete.
Hiermee bedank SJB al die baanoffisiere, deelnemers en veral diegene wat gehelp het met die opstel
van die bane. Ons maak binnekort weer so!