TRAINING COURSES

Your Title Goes Here

Your content goes here. Edit or remove this text inline or in the module Content settings. You can also style every aspect of this content in the module Design settings and even apply custom CSS to this text in the module Advanced settings.

AANLYN OPLEIDING – ONLINE TRAINING

Die kursus om toegewyde jagterstatus of toegewyde sportskutstatus te bekom kan aanlyn geskryf word. Dit is slegs beskikbaar aan SJB lede en kan in Afrikaans of Engels gedoen word.

Navrae :

Complete Our Online Training Application Form

BAANOFFISIERSKURSUS en HERLAAIKURSUS

BAANOFFISIERSKURSUS

SJB bied van tyd tot tyd baanoffisierskursusse aan om van sy lede op tel lei in die pligte van ‘n baanoffisier.  Hierdie kursusse word op SJB se kalender aangedui en lede wat belangstel om die kursus af te lê, moet die kantoor ten minste ‘n week voor die aanvang van die kursus in kennis stel van hul voorneme om die kursus by te woon.

Die nuwe vuurwapenwet vereis dat slegs persone wat opgelei is as baanoffisier,in beheer mag wees van ‘n skietbaan of wanneer enige ander skietaktiwiteit binne die Vereniging plaasvind.

Navrae :

HERLAAIKURSUS

Herlaai van ammunisie is nie net ‘n lonende stokperdjie nie, dit raak ‘n lewenswyse vir vuurwapenliefhebbers. Dit stel die herlaaier in staat om self akkurate ammunisie te produseer vir eie gebruik.

Daar word een keer ‘n jaar ‘n herlaaikursus aangebied en slegs vooraf inskrywings word aanvaar.

Kontak die SJB kantoor vir besonderhede :

Complete Our Online Training Application Form

JUNIOR JAGOPLEIDING

SJB se missie is om die toekoms van jag te verseker en een van die sleutelelemente van die strategie om dit te bereik, is om by ons jeug ‘n belangstelling in die natuur te vestig en te sorg dat juniors tot die geledere van jagters toetree en om by nuwe jagters ‘n gemeenskaplile kultuur van etiese jag te kweek.  Junior jagopleiding word op die volgende maniere aangebied.

JUNIOR VELDOPLEIDING: (VELDSKOOL)

Minimum ouderdom seuns en dogters:  10 jaar. Slegs laerskoolleerders.

Naweekkamp gedurende Maart/April-vakansie elke jaar.

Tydens hierdie kamp word kinders blootgestel aan verskeie veldaktiwiteite bv. kamp, stap, voëlkyk, natuurbewaring, jag en vele meer ten einde hulle te help om reeds op vroeë ouderdom keuses te kan maak rondom gesonde maniere van ontspanning. Verder word hulle geleer hoe om tydens noodsituasies in die veld op te tree. Leierskapsontwikkeling vind deurlopend plaas.

JUNIOR JAGOPLEIDING:

  • Die kursus word aangebied in twee modules oor ‘n tydperk van twee jaar.
  • Minimum ouderdom van juniors is 14 jaar. (hoërskool )

MODULE EEN:  (SKIETOPLEIDING )

  • Drie dae intensiewe skietopleiding met .22’s en jagkalibers.
  • Aangebied onder veldskiet-omstandighede.
  • Praktiese skiettoets op rooibokteiken met 35/45 slaagsyfer (75%)
  • SJB Junior skietopleiding sertifikaat.
  • Juniors moet skietopleiding suksesvol aflê vir toelating tot jagopleiding module 2.

MODULE TWEE: (JAGOPLEIDING )

  • Agt dae (reistyd uitgesluit) intensiewe praktiese jagopleiding in die Kalahari of Noord-Kaap.
  • Skietafronding met jagkalibers.
  • Elke junior moet springbok self skiet, ontwei, afslag en bewerk.
  • Praktiese vleisverwerking en verpakking.
  • Mondelinge evaluasie.
  • Toegewyde jagtersertifikaat word uitgereik indien student albei modules slaag.

Kontakpersoon junior opleiding:
Fermi Meyer
Selfoon bedags: 072 444 8236
E – pos: 

Complete Our Online Training Application Form

SENIOR OPLEIDING/BEKWAAMHEID
CHASA SENIOR HUNTER MANUAL

The below link is only available for members. Sign in is required.

Click here to continue.