Die gewilde ghongskiet wat jaarliks plaasvind op die plaas Aangenaam van Henry en Martie van der Westhuizen het weer skuts van die uithoeke van die Karoo en Klein Karoo gelok. Die kompetisie het in perfekte weersomstandige plaasgevind en die wind kon nie geblameer word nie, posisies en toerusting is toe geblameer vir swak skote. Daar is in spanverband deelgeneem en elke span het uit vier skuts bestaan. Die kompetisie was oor ses bane beslis en elke baan het bestaan uit vyf staalplate waarvan die groottes verskil het.
Die beplanning, verwerking van die tellings en toegewydheid van die baanoffisiere het alles bygedra tot die sukses van die dag. Bo en behalwe die pryse vir die 1ste, 2de en 3de spanne was daar ook verskeie gelukkige trekkings gehou om die skuts wat nie ‘n prys kon los-skiet nie, ook iets te laat huistoe vat.
Die wenspanne was as volg:
Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging wil van die geleentheid gebruik maak om die borge te bedank vir die bydrae wat hulle maak om die skietsport in die Suid-Kaap lewendig te hou. Die borge vir die 2019 ghongskiet was as volg:
Kloppers George, Oudtshoorn Ford, Oudtshoorn Spar, Klein-Karoo Agri, Karoo Lusern, Tyres and Treads Oudtshoorn, VW Du Plessis Motors Oudtshoorn, Klein-Karoo Toyota, Tuinroete Woonwaens Mosselbaai, Accurate Concepts, Buckshot en verskeie anonieme borge wat nie hulle name genoem wil hê nie.
Die bestuur van SJB wil ook van die geleentheid gebruik maak om elkeen wat ‘n bydrae gemaak het om die dag te reël te bedank vir hulle insette, dit het bv. twee dae geneem om die bane op te stel onder die Karoo se son. Laaste maar nie die minste vir Henry en Martie vir hulle gasvryheid en voorsiening van verversings vir die dag. Dankie aan ons Hemelse Vader wat heeldag oor ons gewaak het en gesorg het dat daar geen insidente plaas gevind het nie.
Geseënde Kersfees en voorspoedige 2020.