Suid-Kaap Jagters- en bewaringsvereniging & Wildman George het op 20 September 2023 ‘n skenking van 50kg maalvleis en 50kg bene geskenk aan Vygieshof Tehuis vir bejaardes te Calitzdorp. Hierdie skenking maak deel uit van die “Vleis vir Hoop” inisiatief.





