Veldskiet, groot pret vir oud en jonk


deur Marina van der Westhuizen

Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging het Saterdag 25 Maart ‘n veldskietkompetisie aangebied op Nooitgedag buite Oudtshoorn.  Vyf-en-vyftig skuts het ingeskryf om mee te ding en streng veiligheidsmaatreëls was toegepas. 

Die hardewerk het reeds die vorige dag begin toe ses skietbane opgestel is met teikens en gongs oor afstande wat gewissel het tussen vyftig en driehonderd meter.  Ondanks die sterk wind en uitdagende skietposissies het skuts steeds beïndruk met goeie akkuraatheid.  ‘n Paar komiese oomblikke is gedeel op een van die bane waar die skuts uit ‘n lêposisie moes skiet vanaf ‘n platform wat nou eenmaal net nie wou saamwerk nie. 

In die Ope afdeling was die wenners Andrè Barnard, Martiens Bekker en Jacques du Plooy.  In die Veterane afdeling was die topskuts Niël Basson, Piet van Wyk en Johan Fourie.  Die wenner in die Dames afdeling was Zoey Botha.  Die Junior en Penkopwenners was onderskeidelik Erik Zeelie, Kayla Langenhoven, Megan Terblanchè, Darian du Plooy en Juhan Verwey.

SJB wil graag vir Koos en Reenen Potgieter bedank dat die geleentheid kon plaasvind op hulle plaas.  Bedankings gaan ook uit vir geskenkbewyse wat verskaf is deur David Malan, Henry van der Westhuizen, Hein Botha, Joe Verwey en Diffie de Villiers.

Besoek gerus die SJB Facebookblad vir verdere inligting oor die dag of kontak die kantoor by 044-6952319 vir enige navrae.

Die SSK Veldskiet vind op 22 April 2023 plaas naby Heidelberg, kontak die SJB kantoor vir navrae ivm hierdie skietdag.

Junior wenners Vlnr Megan Terblanche (3de), Kayla Langenhoven (2de), Erik Zeelie (1ste)

Junior wenners Vlnr Megan Terblanche (3de), Kayla Langenhoven (2de), Erik Zeelie (1ste)

Ope Wenners Vlnr Jacques du Plooy (3de), Martiens Bekker (2de), Andre Barnard (1ste)

Ope Wenners Vlnr Jacques du Plooy (3de), Martiens Bekker (2de), Andre Barnard (1ste)

Veterane wenners Vlnr Johan Fourie (3de), Piet van Wyk (2de), Neil Basson (1ste)

Veterane wenners Vlnr Johan Fourie (3de), Piet van Wyk (2de), Neil Basson (1ste)

Wenner Dames afdeling Zoey Botha saam met Wynand Fourie (SJB voorsitter)

Wenner Dames afdeling Zoey Botha saam met Wynand Fourie (SJB voorsitter)

Fri, 14 Apr 2023