Die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) se 31ste algemene jaarvergadering en bestuursverkiesing het op Saterdag 5 November plaasgevind by Laerskool Hartenbos.
Tydens die vergadering is die bestuur vir 2023 verkies en Louis Welman is as president en Wynand Fourie is as voorsitter herkies. Die vertroue in die bestuur is bevestig deur die herverkiesing van al die bestuurslede van 2022, met die uitsondering van Riaan van der Westhuizen wat as nuwe streeksbestuurder vir die Mosselbaai-streek verkies is.
Verskeie toekennings is ook gemaak tydens die geleentheid. Die wenners was : Johan Delport (beste senior skut : skietdae), Erik Zeelie (beste junior skut : skietdae), Francois Bezuidenhout (beste student : Chasa kursus) en George Butler (beste trofee).
Vir meer inligting oor skietdae en kursusse kan die SJB kantoor gekontak word by 044-6952319, die webtuiste kan besoek word (www.suidkaapjagters.co.za) of e-posse kan gestuur word na info@suidkaapjagters.co.za. Die Wildman ghonguitdaging is die volgende belangrike datum op die SJB kalender – dié gewilde spanskiet vind plaas op 19 November 2022 te Aangenaam naby De Rust.




