Prestige-Skiet Reëls en Baanuitleg


NET LEDE WAT REEDS DIE CHASA KURSUS SUKSESVOL VOLTOOI HET KOM IN AANMERKING VIR BALKIES GEDURENDE DIE PRESTIGESKIET

ALLE LEDE MAG DEELNEEM

  1. Enige kaliber jaggeweer en teleskoop word toegelaat
  2. Verskillende gewere mag op verskillende afstande gebruik word
  3. Omruil van gewere moet nie die oefening vertraag nie
  4. Laservisiere en selflaaigewere word nie toegelaat nie
  5. Waar daar op die verkeerde teiken geskiet word mag net die onskuldige skut oorskiet, tensy die kalibers sodanig verskil dat hulle uitgeken kan word
  6. Die baanoffisier se beslissing is finaal, maar hy mag van twee assessore gebruik maak wat hy self aanwys

BAANUITLEG

Afstand

Aantal skote

Oefening

Tyd

Telling

300m

3

Lê met rus aan voorkant van snellerbeuel, skiet eers valplaat om, en dan die
orige skote op springbokteiken

120 sek.

90

200m

5

Sit met skietstokke, skiet na rooibokteiken (skietstokke sal voorsien word)

120 sek.

150

100m

5

Sit sonder enige rus, skiet na vlakvarkteiken

90 sek.

150

50m

5

Staan sonder enige rus, skiet na vlakvarkteiken

45 sek

150

180, 200,
175,200 en 300m

5

Lê met rus aan voorkant van snellerbeuel, skiet na ghongs op verskillende afstande

120 sek

150

  • Grootte van valplate is 200mm x 200mm
  • Ghongs is 200mm in deursnee

Skuts moet stelling agter die teiken inneem, onmiddellik nadat die fluitjie geblaas het, mag hulle die skietposisie inneem.  Tyd begin sodra die fluitjie blaas.

Tydens die 50m oefening moet die skut sy geweer op 45grade grondwaarts rig, en sodra fluitjie blaas kan hy aanlê op die teiken.
Toekennings:

  1. 481 – 550 =         70%  Brons
  2. 551 – 600 =         80%  Silwer
  3. 601 – 655 =         90%  Goud
  4. 656 -  690 =        95%  Platinum
Fri, 25 Jan 2019