Margot Swiss-Skiet Reëls en Baanuitleg


  1. Enige kaliber jaggeweer en teleskoop word toegelaat
  2. Verskillende gewere mag op verskillende afstande gebruik word
  3. Omruil van gewere moet nie die oefening vertraag nie
  4. Laservisiere en selflaaigewere word nie toegelaat nie
  5. Waar daar op die verkeerde teiken geskiet word, mag net die onskuldige skut oorskiet, tensy die kalibers sodanig verskil dat hulle uitgeken kan word
  6. Die baanoffisier se beslissing is finaal, maar hy mag van twee assessore gebruikmaak wat hy self aangewys het

BAANUITLEG

Afstand

Aantal skote

Oefening

Tyd

Telling

300m

5

Lê, met rus aan voorkant van snellerbeuel, skiet na ‘n teiken

120 sek.

150

200m

5

Sit, met rus, skiet eers valplaat om, en dan die orige skote op teiken (Rus sal voorsien word)

120 sek.

150

100m

5

Lê, sonder rus en skiet na ‘n teiken

120 sek.

150

35m

5

Staan, sonder rus en skiet na teiken

45 sek

150

175,185, 200,
150 en 300m

5

Lê, met rus aan voorkant van snellerbeuel, en skiet na ghongs op verskillende afstande

120 sek

150

  • Grootte van valplate is 200mm x 200mm
  • Ghongs is 200mm in deursnee
  • Skuts moet stelling  agter die teiken inneem en onmiddellik nadat die fluitjie geblaas het, mag hulle die skietposisie inneem.  Tyd begin sodra die fluitjie blaas.
  • Tydens die 35m oefening moet die skut sy geweer op 45grade grondwaarts rig, en sodra fluitjie blaas kan hy aanlê op die teiken.
Fri, 25 Jan 2019